Jammer almal, dat ek deesdae so skaamteloos “copy & paste” maar ek het tans baie werk en kry eenvoudig net nie tyd om te sit en skryf nie! Hopelik sal dit binnekort beter gaan.
In elk geval, hier is ietsie wat my anderdag nogal laat giggel het toe ek dit lees:
Maniere om ongewenste karakters te verdryf…..
HY: Kan ek vir jou ‘n drankie koop?
SY: Nee dankie, ek sal liewer die geld vat.
HY: Ek is ‘n fotograaf, ek soek al jare lank na ‘n gesig soos joune.
SY: Ek is ‘n plastiese chirurg, ek soek al jare lank na ‘n gesig soos joune. (Eina!!)
HY: Haai! Het ons nie een keer vantervore saam uitgegaan nie? Of was dit twee keer?
SY: Was seker net een keer, ek maak nie twee keer dieselfde fout nie.
HY: Hoe kry jy dit reg om so mooi te wees?
SY: Ek het seker jou gedeelte ook gekry.
HY: Sal jy Saterdag saam met my uitgaan?
SY: Jammer, ek gaan die naweek ‘n kopseer hê.
HY: Jou gesig moet definitief ‘n paar koppe laat draai.
SY: En jou gesig moet definitief ‘n paar mae laat draai.
HY: Gaan voort, moenie skaam wees nie, vra my uit.
SY: Nou goed, gaan uit asseblief.
HY: Ek dink ek kan jou baie gelukkig maak.
SY: Hoekom, is jy oppad?
HY: Wat sou jy sê as ek jou vra om te trou?
SY: Niks, ek kan nie lag en praat op dieselfde tyd nie.
HY: Sal ons ‘n fliek gaan sien?
SY: Nee dankie, ek het dit reeds gesien.
HY: Het ek jou nie al voorheen êrens gesien nie?
SY: Ja, dis hoekom ek nie meer soontoe gaan nie.
HY: Is hierdie stoel oop?
SY: Ja, en hierdie een sal ook wees as jy gaan sit.
HY: Jou liggaam is soos ‘n tempel.
SY: Jammer, daar is geen dienste vandag nie.
HY: As ek jou kaal kon sien, sou ek gelukkig doodgaan.
SY: As ek jou kaal moet sien, sal ek doodgaan van die lag.
HY: Waar was jy my hele lewe lank?
SY: Besig om vir jou weg te kruip. (Eina nog ‘n keer!)
![](https://opmymanier.wordpress.com/wp-content/uploads/2008/07/ktyn26l1.jpg?w=207&h=300)
![](https://opmymanier.wordpress.com/wp-content/uploads/2008/07/rnin606l1.jpg?w=184&h=300)
Kommentaar