Al ooit een van hierdie dae gehad?

http://www.s3.amazonaws.com/

Ounooi se honne…..*uhm*

Sam is ‘n 14-jarige opregte Chinese Haarlose hond. Hy het vir drie agtereenvolgende jare die “Wêreld se Lelikste Hond” prys gewen.

Sam het (natuurlik) geen hare nie, dis nou as jy nie die verdwaalde paar haartjies op sy kop en punte van sy ore in berekening bring nie. Sy beplooide bruin vel is oortrek met sproete en op sy neus is daar ‘n paar vratte. Hy is blind, daarom die wasige ogies, en ‘n flap los velle hang om sy nek. En dan is daar natuurlik daardie skewe Austin Powers tande…….

Ek is baie lief vir honde, maar ai, ek weet nie so mooi van die enetjie nie….hy lyk darem alte veel na ‘n Gremlin.

Sou jy kon lief wees vir so ‘n ou brakkie??

http://www.oddee.com/