Jean-Honoré Fragonard is een van my gunsteling skilders van alle tye. Hy was ‘n agtiende eeuse Rococo-styl Franse skilder wat in sy leeftyd baie suksesvol en beroemd was. (Anders as baie skilders wat eers na hul dood bekendheid verwerf het.) Fragonard het hom toegespits op die skilder van pragtige tuine, kinders en ook sy eie familie. Sy skilderye was ‘n toonbeeld van speelsheid, uitbundigheid en vreugde. Een van sy grootste werke, “Die Swaai” was selfs destyds beskou as ‘n bietjie “eroties”. Hy was op ‘n stadium die persoonlike skilder van Madame du Barry, die minnares van Koning Lodewyk XV van Frankryk.
Sy styl het egter in latere jare oudmodies geraak aangesien die nuwe neiging meer na die neoklassieke styl was en hy nie baie sukses daarmee gehad het nie. Verder het die Franse Revolusie hom finansieël geruineer en hy het in armoede gesterf.
Sy een kleindogter het jare later ook bekendheid verwerf vir haar skildertalent, sy was die begaafde Franse impressionis Berthe Morisot (1841-1895).
(Kliek op die fototjies om te vergroot.)
Hierdie skildery is een van my gunsteling skilderye ooit. “The Reader” hang tans in The Museum of Natural Art, Washington D.C.
“The Kiss” Kyk net hoe ongelooflik realisties is haar rok geskilder, meesterlik.
Die pragtige tuine van die Villa d’Este 
“The Swing”
(Darem vreeslik “eroties” nê!!)








