Feeds:
Bydraes
Comments

LAG!

Aangesien die afgelope week vir ons Suid-Afrikaners ietwat stresvol was agv die politiek, dink ek ons het so ietsie nodig om ons so bietjie op te kikker.  Daarom gee ek vir julle vandag 10 goeie redes waarom julle moet lag:

1.  LAG VERDRYF STRES

Dit verminder die streshormone epinefrien en kortisol.

2.  LAG VERSTERK DIE IMMUNITEITSISTEEM

Die immuunsisteem is belangrik in die handhawing van goeie gesondheid deurdat dit infeksies, allergieë en kanker teenwerk. Lagterapie vermeerder die teenliggaampie Immunoglobulien A, wat voorkom in die slym van die neus en asemhalingskanale.

3.  LAG WERK VEROUDERING TEë

Lag veroorsaak ‘n toevoer van bloed na die gesig, wat mens ‘n blosende wange gee, dit voed die vel en laat dit gloei. Mense lyk jonger wanneer hulle lag.

4.  LAG IS AEROBIESE OEFENING

Lag stimuleer die hart en bloedsirkulasie en is gelykstaande aan enige ander standaard aerobiese oefening. Dit is ‘n oefenprogram vir almal, insluitende mense wat bedlêend is of in ‘n rolstoel sit.

5.  LAG IS INTERNE DRAF

Lag masseer die interne organe deurdat dit bloedtoevoer verbeter en sodoende hul effektiwiteit verbeter. Dit is baie goed vir die verteringstelsel. Lag oefen ook die maagspiere en help om spiertonus te verbeter.

6.  LAG IS ‘N NATUURLIKE PYNSTILLER

Lag verhoog die vlakke van endorfiene, die liggaam se natuurlike pynstiller. Endorfiene wat vrygestel word wanneer jy lag mag help om die intensiteit van pyn te verminder by mense wat ly aan artritis, spondilose en spierspasmas van die liggaam.

7.  LAG KAN HOë BLOEDDRUK BEHEER

Lag beheer bloeddruk deurdat dit die vrystelling van stresverwante hormone verminder. Eksperimente het bewys dat ‘n 10-minute lagsessie lei tot ‘n daling van 10-20mm in bloeddruk. (Dit beteken egter nie dat mense wat 2-3 bloeddrukpille per dag neem heeltemal genees sal word nie.)

8.  LAG KAN HELP OM DEPRESSIE EN ANGS HOK TE SLAAN

Die stres van ons daaglikse lewe eis ‘n groot tol op die menslike verstand en liggaam. Lag laat mens beter slaap en verminder depressie.

9.  LAG VERLIG BRONGITIS EN ASMA

Lag verbeter longkapasiteit en verhoog suurstofvlakke in die bloed.

10.  LAG LAAT JOU EENVOUDIG NET GOED VOEL

Lag en die wêreld lag saam met jou! Hoe jy reageer op die lewe hang van jouself af.

Nou toe – laat daar lag wees!!       :lol:

 

Bron:  American School of Laughter Yoga

Een Honderd Goed

Ek lees anderdag ‘n interessante artikel oor ‘n uitdaging wat TIME Magazine aan mense rig om hulle besittings na slegs 100 artikels te verminder.  Mens kry blykbaar ‘n jaar kans om dit te doen en hulle noem dit “The 100 Things Challenge”. Dis veronderstel om jou te help om jou huis geheel en al te “de-clutter” en ‘n meer georganiseerde lewe te lei.  Volgens kenners kan die dinge wat ons opgaar eintlik later begin om ons te onderdruk.  Baie besittings verteenwoordig die mens wat ons eens was, maar wanneer hulle doel klaar is, hou hulle ons eintlik “terug”.  Mense vind dat hulle huise vol goed is maar hul lewens is besaai met onvervulde beloftes.

Ek is nogal geneig om saam te stem met hierdie siening en as daar een mens is wat kan doen met ‘n bietjie “de-cluttering”, dan is dit sekerlik die uwe!  En ek mag dit selfs ernstig oorweeg om hierdie uitdaging te aanvaar wanneer ek sekerheid het oor wat presies EEN artikel is.  Blykbaar tel ‘n paar skoene darem vir een artikel.  Maar wat van goed soos ‘n CD-rak, toiletsakkie of handsak?  Tel dit ook net vir een of moet alles daarbinne ook individueel getel word?  Want dan sal ek dit beslis nie maak nie!! Neem byvoorbeeld die messegoedlaai – dáár alleen lê seker al klaar 100 goed.

Maar opgaarsels hoef volgens dié wat weet nie slegs artikels te wees nie, dit sluit in enige uitgediende voorwerp, spasie, toewyding of gedrag wat jou emosioneel terughou en jou energie tap. ” Amerikaanse man genaamd Dave Bruno, het hierdie uitdaging aangeneem en doen gereeld verslag op sy webtuiste: http://www.guynameddave.com  Volgens hom is die rede waarom mense onnodige goed koop dieselfde rede waarom so baie mense uitgaan en onnodige en ongesonde kos eet – omdat dit hulle laat beter voel.  Ons huise, koppe en heupe is verbind.   Daar bestaan verskillende tipes opgaarsels en dit beroof ons van ons rus en vrede.  So, jy moet kyk na die “visie” wat jy het vir jou lewe en dan jouself die vraag afvra of ‘n spesifieke item jou regtig gaan help om daar uit te kom.

Dit mag dalk ook makliker wees om van jou besittings ontslae te raak wanneer jy weet jy gee dit vir ander instansies of mense wat dit nodig het, soos bv. boeke of tydskrifte vir biblioteke, ouetehuise of skole.  En daardie “maer” klere wat moontlik nooit weer sal pas nie en jou in elk geval net skuldig laat voel, sal vir seker met ope arms by ‘n skuiling of welwillendheidsorganisasie ontvang word.

Maar wat dink julle ouens?  Kan ‘n mens met net 100 goed oor die weg kom?  Sal jy kan?

 

http://www.time.com/

http://friendfeed.com/rooms/100tc

Wisdom!

Women over 50 don’t have babies because they would put them down and forget where they left them.

A friend of mine confused her Valium with her birth control pills….she has 14 kids but doesn’t really care.

One of life’s mysteries is how a 2-pound box of chocolates can make a woman gain 5 pounds.

My mind not only wanders, it sometimes leaves completely.

The best way to forget your troubles is to wear tight shoes.

The nice part about living in a small town is that when you don’t know what you’re doing, someone else does.

The older you get, the tougher it is to lose weight because by then, your body and your fat are really good friends.

Just when I was getting used to yesterday, along came today.

Sometimes I think I understand everything, and then I regain consciousness.

I gave up jogging for my health when my thighs kept rubbing together and setting fire to my pants.

Amazing!  You hang something in your closet for a while and it shrinks 2 sizes!

Skinny people irritate me!  Especially when they say things like…”You know sometimes I forget to eat”…Now I’ve forgotten my address, my mother’s maiden name and my keys, but I have never forgotten to eat.  You have to be a special kind of stupid to forget to eat!

The trouble with some women is that they get all excited about nothing and then marry him.

I read this article that said the typical symptoms of stress are eating too much, impulse buying and driving too fast.  Are you kidding?  That’s my idea of a perfect day!

 

 

Lekker naweek maats!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Vat dit rustig en kalm……  ;-)

Warning to all women……

PLEASE FORWARD TO AS MANY WOMEN AS POSSIBLE…….

WARNING TO ALL WOMEN!!

THIS COULD HAPPEN TO YOU……IT COULD HAPPEN TO YOUR MOTHER…….OR TO YOUR SISTER.

I was sitting at a local outdoor cafe having lunch by myself

and two men came and sat down at my table.

I gave them the death look, but they just casually

stayed at my table and wouldn’t leave me alone.

I shined up my ring on my married finger,

then placed my hand on the table and hinted to

them that I was married and that I was not interested in them.

Luckily for me they got the hint and left,

but thankfully the whole thing was captured on the Cafe’s camera.

I’m sending you this picture as a warning…………….

just in case they try to pick you up too.

Honestly, some men think they are God’s gift………..

 

 

 

 

 

 

 

……………..THEN I FELL OUT OF BED AND WOKE UP!!!!!!!!!

OOPS!!! I DID IT AGAIN………..    :oops:

(Thanx Miemie!)

Mosaiek….

Na vele gesukkel en baie geweld kon ek ongelukkig nie die Mosaiek-ding doen nie!!   :oops:

My kennis van rekenaars is maar “self taught” en die mosaiek-uitdaging het vir my behoorlik ore aangesit!!

Ek plaas dus maar hierdie pragtige mosaiek wat ek êrens langs die pad gesien het.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

http://www.ebaumsworld.com/

Inkopielys

 

Reisiger het vir my huiswerk gegee:

Tandepasta: Colgate

Wasgoedseep: Sunlight

Skottelgoedseep:  Sunlight

Lyfseep:  Dettol

Parfuum:  Innoxa Dreams

Sjokolade:  Aero en basies enige iets anders… 

Chips:  Chipniks (met my home-made dip) of Lays Plain

Kougom:  Enige Spearmint

Aaanmaakkoeldrank: Huh-uh

Kruidenierswinkel: Checkers of Spar

Kar:  Ford Escort 1.6 GL Sedan (silwer) Hyundai Tucson in my drome

Klere:  Ackermans, Fashion Express

Bank:  Nedbank

Selfoon:  Sony Ericsson

Rekenaar: Samsung

Sommer net….

 

 

 

 

 

 

 

 

 

          Vir almal wat hier lees!

 

Princess and the Frog

 

 

 

 

 

 

 

Once upon a time

in a land far away

~  ~  ~  ~  ~  ~  ~

A beautiful independent,

self-assured princess

~  ~  ~  ~  ~  ~  ~ 

Happened upon a frog as she sat

comtemplating ecological issues

on the shores of an unpolluted pond

in a verdant meadow near her castle

~  ~  ~  ~  ~  ~  ~

The frog hopped into the princess’ lap

and said:  “Elegant lady,

I was once a handsome prince,

until an evil witch cast a spell

upon me.

~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~

One kiss from you, however,

and I will turn back

into the dapper, young prince

that I am

~ ~ ~ ~ ~ ~  ~ 

And then, my sweet, we can marry

~ ~  ~  ~  ~  ~  ~ 

and set up a housekeeping in your castle

~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~

with my mother,

~ ~ ~ ~ ~ ~

where you can prepare my meals

~  ~  ~  ~  ~ 

clean my clothes, bear my children,

~  ~  ~  ~  ~ 

and forever feel grateful and happy doing so.”

~  ~  ~  ~  ~  ~  ~  ~

That night,

~  ~  ~  ~

as the princess dined sumptuously

~ ~  ~  ~  ~  ~  ~

on lightly sautéed frog legs

~  ~  ~  ~  ~  ~

seasoned in a white wine

~  ~  ~  ~  ~  ~

and onion cream sauce

~  ~  ~  ~  ~ ~

she chuckled and thought to herself:

~  ~  ~  ~  ~  ~

I don’t f*ckin think so….

~  ~  ~  ~  ~  ~ 

Pierre-Auguste Renoir (1841-1919)

The Boating Party

The Boating Party

 Auguste Renoir was ongetwyfeld die mees suksesvolste en geliefdste van al die Impressioniste. Hy het ‘n baie goeie bestaan gemaak uit sy skilderye, veral nadat die kunshandelaar Paul Durand-Ruel gereeld van sy werke begin koop het. Sy werke van kinders, blomme, pragtige tonele en bowenal pragtige vroue was konstant in aanvraag. Hy het ‘n paar duisend skilderye in sy leeftyd gemaak.

 

Foto bo: Die dame voor links met die hondjie (Bob) is Aline Charigot, sy het later Madame Renoir geword.

The Swing

The Swing

 

 

 

 

 

 

 

Kyk net hoe mooi val die sonlig deur die bome se blare. (Musee d’Orsay, Parys)

The Box at the Opera

The Box at the Opera

 

 

 

 

 

 

 

Dit word beskou as Renoir se grootste meesterstuk. 

The Terrace

The Terrace

 

 

 

 

 

 

 

(Hang in The Art Institute of Chicago, maar behoort eintlik aan Mnr & Mev Lewis Larned)

The Boat

The Boat

 

 

 

 

 

 

Madame Charpentier and her Children

Madame Charpentier and her Children

 

 

 

 

 

 

 Die Charpentiers was huisvriende van die Renoirs. Kyk hoe trots lyk ma op haar kinders.

Dance at Bougival

Dance at Bougival

 

 

 

 

 

 

 

    

Blue vase with Flowers

Blue vase with Flowers

 

 

 

 

 

 

 

The Umbrellas

The Umbrellas

 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Claude Monet's Grenouillere

Claude Monet's Grenouillere

 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Renoir en Claude Monet was groot vriende en het dikwels saam geskilder.  Hier is elkeen se weergawe van dieselfde toneel. Besluit maar self watter een jy die meeste van hou!
Renoir's Grenouillere

Renoir's Grenouillere

 
 
 
 
 
 
 
 

« Newer Posts - Older Posts »