Hi Zee! Baie Welkom hier.
Ja, ek het by die see grootgeword (Hermanus – beautiful plek) maar op die oomblik sit ek in die woestyn!! Imagine die verlange……
Ek woon binne sigafstand van die see, maar kom amper nooit meer daar nie…. tyd en petrol?
Ek verlang egter terug na die see waar ek grootgeword het…. Namibkus… Daar is niks mooier as die kombinasie van die duine se kleur goue kleur en die blou-blou see op ‘n warm onskyndag nie.
Dankie Jo-Ann en welkom! Ja, ek het al die mooiste foto’s gesien van die Namibiese kus. Stunning. Ek hoop ook om eendag daar ‘n draai te gaan maak. My seun was juis in April Swakop toe en het Duin 7 gaan klim.
Dit klink vir my of jy heel dikwels bietjie “home sick” word Eentjie……AG NEE OOM FANIE MAN! Waars die dae van sorgeloos boomklim, gan jol by die Stal of sommer net teen n duin sout en peper geniet en saam met die spice girls oor die see tuur en so af en toe n mosseltjie se vrede versteur………………… ai wat is dan beter as die Kaapse son in die somer, die see, goeie vriende en n heerlike Kaapse wyntjie, met reen teen die ruite in die winter en n vissie wat op die kole le en braai en stoei met die geur van soet partats en korrel konfyt. Ja die heimwee…….In ruil is daar natuurlik die biltong, braaivleis en asemrowende Kalahari sonsondergange………ja…waar wil mens wees?
Ja, Your Highness, vryf dit maar lekker in hoor jy! WIWT!!!! Hehehe…die “spice girls”. Dit was darem baie lekker sout en peper daai….wens ons klompie kan weer eendag daar ‘n draai gaan maak en net lekker uithaak. Miskien is Der Fledermaus ook weer daar en dalkies Lekker ou Jan ook. My Magtig Natalia!!
Net jammer ons kan nie meer gaan tennis speel daar by die “Dropshot” bane nie, ons raak nou net onfiks en oud.
Terloops, ek het Saterdag lekker snoek geëet. (op ‘n skaapplaas in Namibië, van alle plekke) Met so ‘n lekker appelkooskonfyt bedruipsousie.
Kry nog twee snoeke volgende naweek van die Port af. Hei man, dan’s die Kalahari weer Hollands!! Kom julle oor? Julle kan die patatjies bring….ag toe??? Dis net 800 kilometertjies…
Welkom op die blokke! Mooi klompie mooi goedjies wat jy van hou. Pasop maar dat die Kalahari nie een van hulle word nie! As ek by die see gebly het sou ek enige tyd met jou geruil het. (Ek is soort-van van Upington, 11 jaar in Gauteng)
May 20, 2008 @ 20:48:45
Wow, dis mooi foto’s en ‘n oulike rooikop seuntjie
May 21, 2008 @ 08:04:16
Dankie Sonkind en Welkom!
May 22, 2008 @ 08:29:37
Pragtige seunskind wat jy het hoor!
Lees ek reg, die see een van jou groot liefdes? Ai, as ek darem maar ook by die see kan gaan bly
May 22, 2008 @ 08:56:11
Hi Zee! Baie Welkom hier.
Ja, ek het by die see grootgeword (Hermanus – beautiful plek) maar op die oomblik sit ek in die woestyn!! Imagine die verlange……
May 22, 2008 @ 08:59:10
Eendjie, ai, ek kan imagine… watter woestynland bly in?
May 22, 2008 @ 09:02:54
Die Kalahari – gelukkig darem nie landuit nie!
May 24, 2008 @ 17:17:56
ek sien jou hondekind slaap ook op die bed
May 26, 2008 @ 09:42:00
Rosalind, ja, dit is sy “ultimate treat” om op die bed te mag lê. Maar net so nou en dan en ook net in die winter.
Jun 03, 2008 @ 18:16:49
‘goeie’ liefdes…..
Jun 04, 2008 @ 13:31:07
Hallo!
Ek hou van jou blog – pragtige foto’s!
Ek woon binne sigafstand van die see, maar kom amper nooit meer daar nie…. tyd en petrol?
Ek verlang egter terug na die see waar ek grootgeword het…. Namibkus… Daar is niks mooier as die kombinasie van die duine se kleur goue kleur en die blou-blou see op ‘n warm onskyndag nie.
Miskien, net miskien kan ek die jaar gaan kuier….
*Sug*
Jun 04, 2008 @ 14:15:54
Dankie Jo-Ann en welkom!
Ja, ek het al die mooiste foto’s gesien van die Namibiese kus. Stunning. Ek hoop ook om eendag daar ‘n draai te gaan maak. My seun was juis in April Swakop toe en het Duin 7 gaan klim.
Jun 04, 2008 @ 17:37:06
Mooi woefies en pragtige seun
Jun 04, 2008 @ 17:44:06
Dankie Roer!
Jun 12, 2008 @ 12:53:00
jou woefie lyk amper soos my baba’tjie
Jun 18, 2008 @ 12:21:05
Dit klink vir my of jy heel dikwels bietjie “home sick” word Eentjie……AG NEE OOM FANIE MAN! Waars die dae van sorgeloos boomklim, gan jol by die Stal of sommer net teen n duin sout en peper geniet en saam met die spice girls oor die see tuur en so af en toe n mosseltjie se vrede versteur………………… ai wat is dan beter as die Kaapse son in die somer, die see, goeie vriende en n heerlike Kaapse wyntjie, met reen teen die ruite in die winter en n vissie wat op die kole le en braai en stoei met die geur van soet partats en korrel konfyt. Ja die heimwee…….In ruil is daar natuurlik die biltong, braaivleis en asemrowende Kalahari sonsondergange………ja…waar wil mens wees?
Jun 18, 2008 @ 13:42:57
Ja, Your Highness, vryf dit maar lekker in hoor jy! WIWT!!!! Hehehe…die “spice girls”. Dit was darem baie lekker sout en peper daai….wens ons klompie kan weer eendag daar ‘n draai gaan maak en net lekker uithaak. Miskien is Der Fledermaus ook weer daar en dalkies Lekker ou Jan ook. My Magtig Natalia!!
Julle kan die patatjies bring….ag toe??? Dis net 800 kilometertjies…
Net jammer ons kan nie meer gaan tennis speel daar by die “Dropshot” bane nie, ons raak nou net onfiks en oud.
Terloops, ek het Saterdag lekker snoek geëet. (op ‘n skaapplaas in Namibië, van alle plekke) Met so ‘n lekker appelkooskonfyt bedruipsousie.
Kry nog twee snoeke volgende naweek van die Port af. Hei man, dan’s die Kalahari weer Hollands!! Kom julle oor?
Jul 26, 2008 @ 07:41:41
Welkom op die blokke! Mooi klompie mooi goedjies wat jy van hou. Pasop maar dat die Kalahari nie een van hulle word nie! As ek by die see gebly het sou ek enige tyd met jou geruil het. (Ek is soort-van van Upington, 11 jaar in Gauteng)
Aug 06, 2008 @ 15:05:50
Ek laaik al jou liefdes.
Wollie en my middelkind sal mooi babas maak
Aug 20, 2009 @ 08:58:43
Ek sien jy het kom inloer op my blog! Jy moet bietjie die skakels volg na my 11 ander blogs! Jy sal dalk heerlik verras word!
Groete Frans