Nou ja mense, dis “back to reality” vir my. Ek het ‘n absolute WONDERLIKE, onvergeetlike vakansie gehad daar onder in die Kaap. Daar is darem niks so lekker as om saam met ou vriende te kuier en oor die ou dae en alles en nog wat te praat. Oujaarsaand het my vriende en hul bure ‘n heel jolige straatparty gehou – daar was ‘n smullekker oxtail pot met watertand seekos voorgeregte. Ons het tot LAAT toe gekuier, (of moet ek liewer sê vroeg!) sommige mense het eers ses-uur die volgende oggend gaan slaap – ek sal nie name noem nie!!! :wink: Nee, nee dit was nie ekke nie, ek kon net uithou tot drie-uur!!


Sandbaai Strand

Hermanus vanuit die lug in 'n westelike rigting

Ek op Grotto Beach, Hermanus.....



Ag, dit klink HEERLIK. Ek is grasgroen…
Lyk my die son het jou sommer baie goed gedoen!! Welkom terug! Hoogtyd, sê ek
Hermanus is my gunsteling! Was ook daar oor die Kerstyd en gaan elke naweek wanneer ek kan!
Lekker, lekker! Welkom to the real world! Het alles vir jou ook net te vinning en skielik begin?
Klink of dit omtrent pret was. Bly dit was lekker.
Bly jy het dit geniet!! Maar daardie laaste foto ….
Just passing by.Btw, your website have great content!
_________________________________
Making Money $150 An Hour
Eendjie jy dan alweer of nog steeds met vakansie …
Ja daai laaste foto, ek weet darem nie, is daar meer