Vanoggend oppad werk toe speel hulle die liedjie “I love the nightlife” van Alicia Bridges op die radio en ewe skielik word ek 30 jaar teruggegooi!! Terug na my hoërskooljare op Hermanus, na al my pêlle, die skool, Desember vakansies op Voëlklip Strand, die Driftwood Den op Grotto Beach, die groot stoep van die ou Birkenhead Hotel met sy pragtige uitsig oor Walkerbaai en die lekker “disco” danse. Dis ongelooflik hoe musiek mens terug kan neem in tyd, hoe dertig jaar weer gister word. Amazing!
Vir die van julle wat so “forty something” is soos ek, onthou julle nog die songs?
Don’t leave me this way (Thelma Houston), I will survive (Gloria Gaynor), Turn the beat around (Vicki Sue Robinson), Night Fever (Bee Gees), What a fool believes (Doobie Brothers), September (Earth Wind & Fire), Love is in the Air & I hate the music (JPY), We are family & Lost in music (Sister Sledge), I’m coming out (Diana Ross), Never knew love like this before (Stephanie Mills), Ain’t no mountain high enough (Inner Life), I feel love (Donna Summer), Don’t make me over (Jennifer Warnes), I know I’ll never love this way again (Dionne Warwick).
Shake, shake shake…..shake your booty!!






Jy praat van lank terug Eendjie, maar ek onthou!! John Paul Young was een van my gunstelinge met sy “I hate the music”!!
‘n Paar lekker songs wat jy hier opgenoem het.
Jou kat “rock”!!
Dit is net soos die lekker reen wat ons vandag het. Verlang terug na die lekker vakansies in die Oos Transvaal
Hi Riaan – ek was nog nooit in die Oos Transvaal nie, maar dis blykbaar baie mooi daar. Geniet die reën!
Hi Thea – Wat praat jy mens, daai kat het houding!
Ai, dit was lekker musiek!!
Cute katjie
Is nou so 30 something, maar ken baie van die liedjies. Ai, waar is die dae….
Lekker ou dae….! Dankie vir die herinneringe!
Lekker dae!!!
Ek was mal oor Donna Summer:
Could it be magic, Love to love you baby, She works hard for her money!
Bee gees !!!
Ek hou ook van jou Disco Kat!
So ‘n kat darem!
En jy het wonderlike herinneringe oor Hermanus opgediep.
“Thank you for the memories.”
Nou ja, ek is baie bly ek kon julle klompie “Dancing Queens” vir ‘n “trip down memory lane” vat!
Was nog nooit in die Ood Transvaal nie en dan sê jy vir my ek praat soos ‘n regte Transvaler!!!
Goeie ou dae gewees!
Lekker dag vir jou eendjie!!
Skaamtelose selfpromosie: die Silwer Ponie het ‘n nuwe eienaar gekry!
lekka naweek hoor
Dis nou ‘n ver, ver, ver in die dae van wilde maanlig en musiek langs die kus. The Driftwood was my eerste gig…1987. Vrede, Eric.