Die jagters
15 Oct 2008 12 Kommentaar
in Ervarings
Na drie maande se wag het ek uiteindelik die foto’s gekry!
Op 9 Julie 2008, twee dae voor sy veertiende verjaarsdag, het Boeta toe uiteindelik sy eerste bokkie geskiet. Soos ek die saak verstaan het hy eers 10 dae se intensiewe skietopleiding van sy oom en neefs ontvang voordat hy kon gaan jag!
Alles het goed afgeloop tydens die jag, darem nie te veel koeëls gemors nie, alhoewel ek verneem het dat die mannetjie blykbaar erg gestres het oor die lewer etery. Die meisietjie saam met hom ook – maar hulle het darem na die tyd elkeen ‘n glasie soetwyn weggeslaan om die lewer in die keelgat af te kry! Hy het die horings gehou (ons gaan dit later laat raam) en het self biltong (chilli bites) gemaak van die vleis.
Nou ja, volgende uitdaging is om vir ou Pampoen, die oranje Cruiser hierbo, te leer bestuur. Hy het al glo ‘n paar lesse agter die blad, maar die wegtrek en stop sal nog baie ge-oefen moet word!






Oct 15, 2008 @ 16:54:30
Ag genade!!! Dit lyk omtrent of hulle op hom jag gemaak het!!! Dis ‘n voorreg wat jou seun gehad het, en hy lyk nie bietjie in sy skik nie!!! Ag wat, hy moet net Pampoen se neus in die grootpad indruk en daar gaat hy!!! Sterkte!!
Oct 15, 2008 @ 19:48:27
Aits, hoe breed glimlag die man oor sy eerste bokkie wat hy geskiet het! Hy is omtrént bevoorreg om op ‘n plaas te kan kuier, te kan jag en nog te leer bestuur ook!!
Oct 15, 2008 @ 20:35:29
Geluk met daardie bok
Oct 16, 2008 @ 08:10:37
Pikkelik – Ja, dit lyk omtrent so! Dieselfde gedagte het nogal by my ook opgekom toe ek die foto’s sien.
Reisiger – Hy is inderdaad baie bevoorreg. Hy is baie lief vir daardie plaas, gaan elke liewe vakansie soontoe, terwyl Ma stoksielallleen by die huis bly….maar solank hy gelukkig is, is ek ook!
Dankie Riaan, ek sal hom sê.
Oct 16, 2008 @ 13:26:42
Die kinders word darem so vinnig groot!
My jongste wil ook graag ‘n bok gaan skiet .. maar manlief skop daarteen vas. Sal maar sien wie op die ou einde wen
Oct 16, 2008 @ 14:29:42
Praat jy Paula, dit voel soos nou-die-dag dat ek in die hospitaal gelê het met die ou pap babatjie, en nou jag die mannetjie al en leer bestuur! Dinge gaan hopeloos te vinnig.
Oct 22, 2008 @ 14:01:43
Lanklaas hier ingeloer, voel al skoon sleg!
SHARKS!!
Oct 24, 2008 @ 19:42:39
Duime op vir hierdie mannetjie — dis vir hulle sooo ‘n wonderlike ervaring! Ek het nie jagters in die gesin nie, maar my ou Pa het graag in die wintervelde ‘n ietsie vir die pot gaan haal.
(Die meisietjie by hom — is dit die ander soort bokkie?!)
Oct 26, 2008 @ 19:30:57
Ek vra mooi om verskoning, maar jy het huiswerk…
Oct 27, 2008 @ 11:38:12
Hi Mariki. Ja, dis nou seker wat ‘n mens noem ‘n tweebeenbokkie!
Pikkie, ek sal hierdie week bietjie rondsnuffel en kyk wat ek alles bymekaar kan maak!
Nov 05, 2008 @ 17:28:56
Geluk met Boeta se bokskiet!
Feb 12, 2011 @ 13:47:15
Hier is die bewys nou uiteindelik!!!! Ek wou nog nooit die mans glo dat hulle REGTIG die arme kind dwing om die rou lewer in die keelgat af te kry nie!! (Ek het my skoonpa en man die dood voor die oë gesweer as hulle dit sou durf waag om my seuns dit te laat doen). Maar mens sal nooit die waarheid hoor oor wat WERKLIK gebeur het nie!!