Verskeepte hart (21 Julie 2007)
Donker my hart
geboks en verpak
verskeep na ‘n vêr land
anderkant die horison-rand
Toegedraai het ek hom verseël
en daarop geskrywe:
“Om te vergeet” al die hartseer tye
Pallisade om my hart gebou
om al die hartseer uit te hou
Yskoue blokke staal
Is daar iemand wat dit sal kom haal?
Elke droom toegedraai in sellofaan
eens was dit my wentelbaan
Waar is die mens wat sal verstaan
oor die boks wat in die pakhuis staan?
Gaan lees gerus van Anneldi se ander gedigte by:




Pragtig!!! Ek gaan beslis daar draai!
woww … regtig pragtig!
Net ‘n update vir die wat wil gaan loer – Anneldi se gedigte is onder die naam Karla Kerfhout op http://www.woorde.co.za
Thanx Dee.
Dis ‘n pragtige gedig. Karla is ‘n digter van die eerste water. Sy het die vermoë om komplekse gevoelens in eenvoudige woorde te beskryf.
Dankie vir die inloer Karel Ark! Ja, ek stem saam met jou – sy mag maar.
Ek gaan hierdie week een van jou gedigte (het dit so ‘n jaar gelede ontdek en is mal daaroor) ook hier plaas, as jy nie omgee nie…..
Ek gee jou drie raaie watter een!!! Ek sal jou ‘n leidraad gee – ek hou van groen!!