As ouers, vervul ons verskillende rolle in ons kinders se lewe – van vriend(in) en oppasser, tot sjef, chauffeur en verpleegster. Maar een van die mees belangrikste – en een van die mees vervullendste – is die rol van onderwyser. Ons probeer ons bes om lewenslesse vir ons kinders te leer, beide prakties en filosofies.
Om almal te noem, sal baie tyd en spasie in beslag neem, maar hier onder is seker die belangrikste lesse, in geen spesifieke volgorde, soos uitgewys deur ‘n paar kenners:
-
Jy is belangrik en geliefd, maar jy is nie die middelpunt van die heelal nie. Vind iets buite jouself wat jou lewe betekenis sal gee, sodat wanneer jou lewe verby is, die wêreld ‘n beter plek sal wees omdat jy hier was. Melanie Davis – M.Ed
-
Moet nooit jouself vergelyk met ander mense wat dit beter het as jy nie.Onthou, daar is altyd mense met wie dit baie slegter gaan as met jou. Judy Gruen (Skrywer). Ek het eenkeer hierdie ware woorde êrens gelees: “If we all threw our problems in a pile and saw everyone else’s, we’d grab ours back.”
-
Probeer om jou kinders van kleins af basiese finansiële beginsels te leer. Leer hulle om te spaar en dat dit altyd beter is om rente te verdien, as om rente te betaal. Jay Handler – President van Sellphone Marketing
-
Elke kind moet leer om in homself te glo. Maak jou eie reëls, as dit moet, en moenie dat andere vir jou sê dat jy iets nie kan doen nie. “When it comes to going after what you want in life, don’t take no for an answer.” Michelle Kunz – Leierskap afrigter
-
Kinders moet leer om nie die blameer speletjie te speel nie. Wees versigtig wanneer jy vinger wys na iemand anders, want drie vingers wys terug na jou toe. Jennifer Harstein (PsyD) – Kinder en Adolessente sielkundige. Behandel ander mense soos jy behandel wil wees, met respek.
-
Beheer jouself – jou emosies, houding en optrede – onder druk en moeilike omstandighede en jy sal die magtigste mens in die wêreld wees. Kirk Martin – Direkteur van Opvoeding vir CelebrateCalm.com
-
Doen die regte ding, omdat dit reg is. Moenie reg doen net omdat jy iets daarvoor sal kry nie, of omdat dit jou uit die moeilikheid sal hou of omdat jy vanaand beter sal slaap nie. Doen reg omdat dit reg is en enige iets goeds wat daaruit mag voortspruit, is bloot die kersie op die koek. Shirley von Scoyk. ”The time is always right, to do what is right.” – Martin Luther King
-
Alles wat jy sê en wat jy doen maak saak, selfs as niemand kyk nie. Die keuses wat jy maak vorm die mens wat jy is en die manier hoe mense oor jou voel. Geluk kom uit die maak van keuses wat die ware jy reflekteer – selfs wanneer niemand kyk nie. Annie Fox (Onderwyseres)
-
Alles wat met jou gebeur in die lewe is besig om jou te leer hoe om deur die lewe te kom. Wees bedag op die lesse in elke ondervinding en pas hulle toe in die toekoms. Bob Lancer – Skrywer
- Dit is belangrik dat kinders leer soos wat hulle grootword en aanbeweeg dat die lewe nie regverdig is nie – dit is eenvoudig nie. Moenie verwag dat dit so sal wees nie en jy gaan jouself ‘n klomp onnodige ongelukkigheid en stres spaar.



Briljant, ek gaan dit uitprint en op die yskas sit…
Dis baie waarrdevolle en nuttige dinge.
Baie goeie raad. Ek dink veral dis belangrik wat ons vir die kinders van hulle self se en hoe ons met hulle praat, want dit bepaal wat hulle van hulleself dink.
Absoluut. Jou stemtoon en woordkeuse is baie belangrik. My seun is ‘n tiener en as hy iets verkeerds doen kan ek nie meer met hom raas soos toe hy klein was nie. Ons gaan sit nou in my kamer en dan praat ons oor die ding soos volwassenes en ek kan sien hy waardeer dit.
As ‘n “nuwe” ouer is hierdie punte nou vir my van ontelbare waarde. Dankie.
Dankie vir die skakels, ek het dit op my blogs geplaas, tesame met die gedig se skakel!
Ek is mal oor Presentations, Tutorial Lessons wat ek create en hope ander dinge, my blogs het kort tevore begin en loop al x15 sterk! Kyk gerus
Frans