Aangesien die afgelope week vir ons Suid-Afrikaners ietwat stresvol was agv die politiek, dink ek ons het so ietsie nodig om ons so bietjie op te kikker. Daarom gee ek vir julle vandag 10 goeie redes waarom julle moet lag:
1. LAG VERDRYF STRES
Dit verminder die streshormone epinefrien en kortisol.
2. LAG VERSTERK DIE IMMUNITEITSISTEEM
Die immuunsisteem is belangrik in die handhawing van goeie gesondheid deurdat dit infeksies, allergieë en kanker teenwerk. Lagterapie vermeerder die teenliggaampie Immunoglobulien A, wat voorkom in die slym van die neus en asemhalingskanale.
3. LAG WERK VEROUDERING TEë
Lag veroorsaak ‘n toevoer van bloed na die gesig, wat mens ‘n blosende wange gee, dit voed die vel en laat dit gloei. Mense lyk jonger wanneer hulle lag.
4. LAG IS AEROBIESE OEFENING
Lag stimuleer die hart en bloedsirkulasie en is gelykstaande aan enige ander standaard aerobiese oefening. Dit is ‘n oefenprogram vir almal, insluitende mense wat bedlêend is of in ‘n rolstoel sit.
5. LAG IS INTERNE DRAF
Lag masseer die interne organe deurdat dit bloedtoevoer verbeter en sodoende hul effektiwiteit verbeter. Dit is baie goed vir die verteringstelsel. Lag oefen ook die maagspiere en help om spiertonus te verbeter.
6. LAG IS ‘N NATUURLIKE PYNSTILLER
Lag verhoog die vlakke van endorfiene, die liggaam se natuurlike pynstiller. Endorfiene wat vrygestel word wanneer jy lag mag help om die intensiteit van pyn te verminder by mense wat ly aan artritis, spondilose en spierspasmas van die liggaam.
7. LAG KAN HOë BLOEDDRUK BEHEER
Lag beheer bloeddruk deurdat dit die vrystelling van stresverwante hormone verminder. Eksperimente het bewys dat ‘n 10-minute lagsessie lei tot ‘n daling van 10-20mm in bloeddruk. (Dit beteken egter nie dat mense wat 2-3 bloeddrukpille per dag neem heeltemal genees sal word nie.)
8. LAG KAN HELP OM DEPRESSIE EN ANGS HOK TE SLAAN
Die stres van ons daaglikse lewe eis ‘n groot tol op die menslike verstand en liggaam. Lag laat mens beter slaap en verminder depressie.
9. LAG VERLIG BRONGITIS EN ASMA
Lag verbeter longkapasiteit en verhoog suurstofvlakke in die bloed.
10. LAG LAAT JOU EENVOUDIG NET GOED VOEL
Lag en die wêreld lag saam met jou! Hoe jy reageer op die lewe hang van jouself af.
Nou toe – laat daar lag wees!!
Bron: American School of Laughter Yoga



Dan sal ek maar lekker aan die lag gaan oor al die snaakse dinge wat op die oomblik aangaan. Baie beter vir my well-being!
OOOO Lekker!! Niks meer gym vir my nie, net komedies met slaptjips en Coke!!!
Goeie inskrywing!
Die heel lekkerste vir iemand wat so lui is soos ek, is om te le en lag.
Wipneus, met al die snaakse dinge wat aangaan moet jy net oppas dat jy nie dalkies te veel lag nie, want dan mag jou bloeddruk dalk TE laag daal…….
Pikkie, jy het ‘n goeie idee daar beet, sorg net dat die slaptjips vetvry en die coke suikervry is!!
Dankie Paula!!
Rosalind, dit sal ook werk!
Eend se kind, daar spoil jy nou al my fun…..
Geen wonder die is my motto nie!!
Dankie vir die onthou wat lag nou eintlik vir ons kan doen Eendjie!
lag en die wereld lag saam….. huil en jy huil alleen………….
LAG LAG LAG BLY MAAR DIE BESTE MEDISYNE!!
Geniet jou dag.
Ek lief lag!
Eendjie, kry jy my mails???? Kan my my dalk ‘n mail stuur?