Oor Fynbos en Walvisse (vervolg)

En hier is die Walvisse!

Naas fynbos is Hermanus natuurlik ook wêreldwyd bekend vir sy walvisse en staan bekend as die Walviskyk hoofstad van die wêreld. Die rede daarvoor is dat die kuslyn baie rotsagtig is en dus ideale uitkykpunte maak. 

 Die walvissoort wat by Hermanus te sien is, is die Noordkapper, in Engels “Southern Right Whale”. Die naam is so aan hulle gegee omdat hulle voorkom in die Suidelike Halfrond en destyds die “regte” walvis was om te vang omdat hulle stadig swem en baie vet het en dus nie maklik sink nie. Die Noordkapper is ‘n balein walvis, wat beteken dat hy nie tande het nie maar balein plate. (Balein is van dieselfde stof as naels.) Die plate hang amper soos Venesiese blindings van hulle bo-kaak af en kos word daardeur gesif. Hierdie walvisse eet slegs plankton (klein seediertjies), hulle kan nie eens ‘n lemoen sluk nie! Hulle verorber ongeveer 400kg plankton per dag. Die Noordkapper kan nie deur sy mond asemhaal nie.  Om te kan asemhaal moet hulle na die oppervlak gaan en asemhaal deur die blaasgat bokant sy kop. Hulle het ook vratagtige uitgroeisels op hulle lywe.  Hierdie uitgroeisels verander nooit en maak hulle dus baie maklik uitkenbaar.

 Balein                                       Plankton

 

 Blaasgat

Die Noordkapper swem ongeveer 2000km elke jaar vanaf Antarktika na die Suid-Afrikaanse kuslyn om hier te kom kalf. Hulle is soogdiere omdat hulle warmbloedig is en ‘n ruggraat het.  Die kalfies drink ook aan hulle ma. ‘n Volgroeide Noordkapper is so tussen 11 en 18 meter lank en weeg tussen 25 en 66 ton. Hulle swem tussen 5 en 10km per uur en hulle lewensduur is ongeveer 50 jaar, maar sommiges lewe baie langer as dit.

Ma en albino kalfie

Walvisse is in die verlede gejag vir hulle vet. Die Eskimo’s wat die eerste mense wat walvisse gejag het. Teen 1788 het die Britse, Franse en Amerikaanse skepe Noordkappers aan die Suid-Afrikaanse kus gejag. Daar word vermoed dat tussen 1790 en 1825 soveel as 12 000 Noordkappers doodgemaak is.   :sad:

In Suid-Afrika word walvisse deur die wet beskerm.  Dit is ‘n oortreding om enige walvis te vang, dood te maak of te steur.

Die oortredings is as volg:

  • Om na enige walvis te skiet
  • Om nader as 300m aan ‘n walvis te kom met ‘n vaartuig of helikopter.
  • Weiering om onmiddelik verder as 300m weg te beweeg wanneer ‘n walvis sy verskyning maak by ‘n vaartuig.

 Nuuskierige agie!

Die Ou Hawe Museum is in 1977 opgerig en is ‘n replika van die oorspronklike geboue wat voorheen daar was.  Die museum huisves sommige items wat gebruik is in die visvang industrie tydens die vroeë 1900′s asook ‘n paar seewater akwariums. Daar is ook baie inligting oor walvisse en walvisjag en daar is selfs ’n sonarhokkie waar ‘n mens kan luister na die klanke van walvisse, dolfyne en robbe.

 

Ou Hawe Museum

Hermanus het selfs sy eie “Whale Crier” (die enigste een in die wêreld!). Hy loop gedurende die walvistyd (Junie tot November) deur die strate van die dorp en blaas op sy bamboes “trompet” om die mense in te lig oor waar walvisse te sien is.

“Whale Crier”               Heeltyd speeltyd!

Daar word jaarliks ‘n Walvisfees gehou, gewoonlik so teen die einde van September. Dis ‘n omgewings- en kunstefees en word gehou om die terugkeer van die Noordkapper na Walkerbaai en die begin van die Lente te vier.  Die walvisse is natuurlik die sterre van die fees en word op land aangevul deur musikante, kunstenaars, sportbekendes en duisende mense wat die Lente vier. Daar is ook honderde stalletjies waar mens alles en nog wat kan koop.  Moenie dit misloop nie!!

 Foto’s en inligting:

http://www.tenan.vuurwerk.nl

http://www.overberginfo.com

http://www.beach-house-properties.co.za 

 http://www.mieliestronk.com

http://www.sa-venues.com

http://whalefestival.co.za

12 Kommentaar (+add yours?)

  1. Pikkelik
    Jun 05, 2008 @ 13:47:06

    Heerlik, ek is werklik beindruk. Puik inskrywing. Doen nog sulkes! Ai, ek word so slim.
    BTW – Ek gaan dit print en bêre, naderende skooltake, jy weet!!

    Reply

  2. Eendjie
    Jun 05, 2008 @ 13:54:15

    Dankie Pikkelik. Maar ek gaan nou eers bietjie rus. Dis harde werk, die skrywery!! ;-)

    Reply

  3. Paula
    Jun 05, 2008 @ 14:30:28

    Hierdie is nou ‘n insiggewende inskrywing. Dankie! Nou weet ek ook ‘n ietsie meer van walvisse.

    Reply

  4. Wipneus!
    Jun 05, 2008 @ 17:39:21

    Jinne maar jy bederf ons eendjie….. dankie
    Hou baie van die heeltyd speeltyd foto

    Reply

  5. rosalindfranklin
    Jun 05, 2008 @ 20:28:53

    Baie goeie inskrywing! Hulle is maar net wonderlike diere.

    Reply

  6. Von
    Jun 05, 2008 @ 21:08:47

    Hi Eendjie
    Dankie vir hierdie baie insiggewende inskrywing. Ek leer so baie by julle almal. Ek verlang nou net vreeslik na die mooie Kaap. Ek wens met my hele hart ek kan weer eendag daar woon.

    Reply

  7. Rustig
    Jun 06, 2008 @ 09:46:51

    Nou verlang ek sommer ook huis toe na die foto’s. Die plek is darem net mooi.

    Reply

  8. Roer
    Jun 06, 2008 @ 16:24:00

    Ons kom deesdae min in Hermanus. Verlang die plek. Pragtig daar. Dankie vir ‘n mooi inskrywing.

    Reply

  9. Emil
    Jun 06, 2008 @ 18:29:20

    Eerste keer dat ek inloer. Ek hou van hou manier :smile:

    Hermanus is :cool:

    Reply

  10. Emil
    Jun 06, 2008 @ 18:30:00

    :oops: moet wees “Ek hou van JOU manier” ! Damn, die koue vingers!!

    Reply

  11. Eendjie
    Jun 08, 2008 @ 20:28:36

    Dankie Emil. Ja, Hermanus is beslis :cool: !!

    Reply

  12. ingrid thompson
    Jun 30, 2011 @ 12:04:20

    Ek woon in Hermanus, en het nou die vir die Eerste keer gehoor dat Hermanus die plek is wat jou HEEL kan maak. Dis so AWSOME YOH. I love hermie

    Reply

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.