Ek is versot op gedigte en kortverhale. Lees nie graag “boek” nie, behalwe as dit nie-fiksie of ‘n goeie biografie/outobiografie is. Is nie eintlik een vir fiksie nie (ek weet ek mis uit op baie, maar ek belowe om daaraan te werk).
Hierdie gedig van Koos van der Merwe is een van my gunsteling gunstelinge!
OPTELWOORDE
tussen dwaaldistels en doringspore
in die soekloop op die verwegpad
soos genadelig lê daar optelwoorde
wat ‘n wegloopsiel weer huistoe kan vat
optelwoorde
vir ‘n valkind
optelwoorde
wat verloormense vind
in die skaduweelaagtes
diep gaan haal
en huistoe bring
na die optelkraal



dit is baie mooi
ai! dis mooi!
Het die bundel by ‘n gastehuis in Springbok raakgelees! het dit BAIE geniet!! wil dit graag nou aankoop, maar waar kry ek dit in die hande – het kalahari.net en lapa.co.za (die uitgewers) probeer, maar niks! Help, asseblief
Ek is opsoek na die gedig oor predikante (voorgedra by die Gereformeerde Kerk Strand se ontbyt op 24 September 08).
Is daar nie ‘n gedig oor ‘n pa of oupa nie?
Groete
Ina Fourie
Ons wil graag die bundel koop – waar kan ons dit kry? Het Lapa & Kalahari.net probeer sonder sukses.