Feeds:
Posts
Comments

Hallooooo!!

Nou ja mense,  dis “back to reality” vir my.  Ek het ‘n absolute WONDERLIKE,  onvergeetlike vakansie gehad daar onder in die Kaap. Daar is darem niks so lekker as om saam met ou vriende te kuier en oor die ou dae en alles en nog wat te praat.  Oujaarsaand het my vriende en hul bure  ‘n heel jolige straatparty gehou – daar was ‘n smullekker oxtail pot met watertand seekos voorgeregte.  Ons het tot LAAT toe gekuier, (of moet ek liewer sê vroeg!) sommige mense het eers ses-uur die volgende oggend gaan slaap – ek sal nie name noem nie!!!       :wink:   Nee, nee dit was nie ekke nie, ek kon net uithou tot drie-uur!!  

   nuwe-hawe-hermanus1

 

 

 

 

 

 

 

Sandbaai Strand

Sandbaai Strand

Hermanus vanuit die lug in 'n westelike rigting

Hermanus vanuit die lug in 'n westelike rigting

Ek op Grotto Beach, Hermanus.....

Ek op Grotto Beach, Hermanus.....

*********************************************
(……en as julle DIT kan glo kan julle enigiets glo!!!)       :lol:       :lol:

Happy, Happy, Happy!!

happy-2009

Hallo Maters!  Groete hier vanuit Sandbaai (Hermanus)!!     

Wil  net graag vir jul almal ‘n BAIE VOORSPOEDIGE 2009 toewens.

Geluk, liefde en vrede - mag dit julle s’n wees – in oorvloed.

Ek tel die dae af…..

hermanus

 

2

 

blouberg20beach20table20mountain20view202

Nog net 9 slapies, my liewe vriende, dan is dit sulke tyd!!!!      :lol:

             :lol:

Disco Fever

Vanoggend oppad werk toe speel hulle die liedjie “I love the nightlife” van Alicia Bridges op die radio en ewe skielik word ek 30 jaar teruggegooi!! Terug na my hoërskooljare op Hermanus, na al my pêlle, die skool, Desember vakansies op Voëlklip Strand, die Driftwood Den op Grotto Beach, die groot stoep van die ou Birkenhead Hotel met sy pragtige uitsig oor Walkerbaai en die lekker “disco” danse. Dis ongelooflik hoe musiek mens terug kan neem in tyd, hoe dertig jaar weer gister word. Amazing!

Vir die van julle wat so “forty something” is soos ek, onthou julle nog die songs?

Don’t leave me this way (Thelma Houston), I will survive (Gloria Gaynor), Turn the beat around (Vicki Sue Robinson), Night Fever (Bee Gees), What a fool believes (Doobie Brothers), September (Earth Wind & Fire), Love is in the Air & I hate the music (JPY), We are family & Lost in music (Sister Sledge), I’m coming out (Diana Ross), Never knew love like this before (Stephanie Mills), Ain’t no mountain high enough (Inner Life), I feel love (Donna Summer), Don’t make me over (Jennifer Warnes), I know I’ll never love this way again (Dionne Warwick).

 

discocat1

 Shake, shake shake…..shake your booty!!

                                                   

i-love-the-nighlife1      

 

 disco-fever 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

http://www.en.wikipedia.org/wiki/Disco

The 10 Greatest Books of All Time?

TIME Magazine held a survey to get an idea of what the 10 most memorable books ever written were. They asked 125 award winning writers to participate in the survey and this was the list they ended up with:

anna-karenina    

 

 

          Anna Karenina by Leo Tolstoy

 

 

 

 

 

 

 

                       war-peace

 

 

 

War and Peace by Leo Tolstoy

 

 

 

 

 

 

 

theadventuresofhuckfinn

 

 

 

The Adventures of Huckleberry Finn by Mark Twain

 

 

                        

       

 

 

 

 

  madame-bovary

 

 

         

 

 

 

 

 Madame Bovary by Gustave Flaubert

 

 

  

           greatgatsby                                                                                 

 

 

         The Great Gatsby by F. Scott Fitzgerald

 

 

 

                                                 

 

 

 

 the-stories-of-anton-chekhov2

 

              The Stories of Anton Chekhov

 

 

 

 

 

 

 

middlemarch1

  

          

 

 

Middlemarch by George Eliot

 

 

 

 

 

 

 in-search-of-lost-time

 

 

 

In search of Lost Time by Marcel Proust

 

 

 

  

vladimirnabokov_lolita1      

 

                   

   Lolita by Vladimir Nabokov

 

 

 

 

 

 

 

hamlet11

 

               

 

 

 

 

  

Hamlet by William Shakespeare

 

  http://www.time.com/time/arts/article/0,8599,1578073,00.html

Die jagters

 

Na drie maande se wag het ek uiteindelik die foto’s gekry!

Op 9 Julie 2008, twee dae voor sy veertiende verjaarsdag, het Boeta toe uiteindelik sy eerste bokkie geskiet. Soos ek die saak verstaan het hy eers 10 dae se intensiewe skietopleiding van sy oom en neefs ontvang voordat hy kon gaan jag!

 

Alles het goed afgeloop tydens die jag, darem nie te veel koeëls gemors nie, alhoewel ek verneem het dat die mannetjie blykbaar erg gestres het oor die lewer etery. Die meisietjie saam met hom ook – maar hulle het darem na die tyd elkeen ‘n glasie soetwyn weggeslaan om die lewer in die keelgat af te kry! Hy het die horings gehou (ons gaan dit later laat raam) en het self biltong (chilli bites) gemaak van die vleis.

 

 

 

 

 

Nou ja, volgende uitdaging is om vir ou Pampoen, die oranje Cruiser hierbo, te leer bestuur.  Hy het al glo ‘n paar lesse agter die blad, maar die wegtrek en stop sal nog baie ge-oefen moet word!

‘n Ware Ster vir Suid-Afrika

Sommer net na aanleiding van dinge wat ’n sekere SA rugbyspeler onlangs kwytgeraak het, net die volgende oor ‘n ware Suid-Afrikaanse sport ster.

Ryk Neethling het  verlede week sy boek, Chasing the Dream bekendgestel. Hy sê onder andere: “Ek dink daar is ‘n beskouing dat ek ‘n suksesvolle glamour boy is vir wie alles in die lewe maklik gekom het.”

“Ek is ‘n gewone seun van Bloemfontein wat ‘n groot gawe gekry het en dit met albei hande aangegryp het.”

“Vir my gaan alles in die lewe oor passie. Passie loop sterk in my bloed.  Ek is in SA om hier te bly. Ek moet hiér wees om gelukkig te wees.”

Snaaks hoe sommige mense altyd wil opbou, terwyl andere net wil afbreek. Wanneer ek na Ryk Neethling kyk sien ek nie net ‘n jong man met ‘n pragtige gespierde lyf nie, maar ook ‘n professionele, toegewyde mens met waardigheid en styl. Iemand wat weet dat sukses slegs na harde werk en baie deursettingsvermoë kom. ‘n Goeie opvoeding kan mens ook nooit wegsteek nie, dit staan duidelik uit vir almal om te sien.

Ryk is ‘n voorbeeld vir baie. (Eat your heart out Luke…) Hy het op agtienjarige ouderdom na Amerika verhuis om te gaan studeer aan die Universiteit van Arizona, waar hy ’n B.Comm-graad behaal het. Hy het verskeie toekennings van die universiteit ontvang waavan die grootste sekerlik die “Athlete of the Century” toekenning was. Ryk is die houer van 20 junior en 22 nasionale SA swemtitels. Hy het Suid-Afrika al 3 keer verteenwoordig by die “Commonwealth Games” (ook ‘n rekord), waar hy verskeie medaljes gewen het.

Hy het ‘n ongelooflike VIER keer aan die Olimpiese Spele deelgeneem: 1996 in Atlanta, 2000 in Sydney, 2004 in Athene en 2008 in Beijing! In 2004 het hy saam met sy spanmaats ‘n goue medalje verower toe hulle die 4×100m aflos in ‘n nuwe wêreldrekord tyd gewen het. Wie sal ooit kan vergeet hoe bly hulle was toe hulle wen, dit het gelyk asof hulle letterlik uit hulle velle wou spring van blydskap!! Ek moet erken ek het saamgespring voor die televisie…   

Ryk. Darian, Roland & Lyndon

Ryk. Darian, Roland & Lyndon

Wenners!
Wenners!

 

 

 

 

 

 

 

 

En dan net vir interessantheid.  Hier onder volg ‘n kort opsomming van ‘n Olimpiese swemmer se oefenprogram. In dié geval is dit die program van Rebecca Adlington,  Britse swemster wat twee goue medaljes in Beijing verower het.

Monday: From 6am to 8am, swimming about 7000-8000 metres per two-hour session. After the morning swim, she goes home to have breakfast and rest.  She would then go running or circuit training for an hour at around 3pm, before returning to the pool around 5pm for another two-hour training session and then another gym session before bed.

Tuesday:  Up at 5am for a high intensity session.  In the afternoon it is an aerobic session.  These sessions are repeated on Thursday and Friday evening.

Wednesday:  Just one 2 hour session in a 50m pool in the afternoon, followed by an hour of weights in the gym. Total training session is about four hours.

Thursday and Friday:  Another 5am start, with both morning and evening sessions in the pool.  “It’s all sleeping, training and driving and occasionally finding time to eat.  That’s what my life is about.”

Saturday:  7am start for one session in the pool. She says that “by the end of the week I’ve swum about 65 000-70 000m.

Sunday – Rest Day:  Sleep until 10am and relax for the day.

The longer you do it, the harder it gets.  Every year is harder.  To keep improving it has to be like that.  I pushed myself harder than ever in my training cycle up to the Olympic Trials.  I”ve been crying in training, I”ve been in so much pain.  Sometimes I finish training so tired I wonder:  ‘What am I doing this for?’  Then you do an amazing swim and you know why.”  Rebecca Adlington, 2008.

http://motleyhealth.com/articles/2008/08/

Kan jy nou meer…..

 

Ek het so ‘n rukkie terug op televisie ‘n program gekyk waarin daar melding gemaak is van die “Fainting Goat”.  Het toe ‘n bietjie op Wikipedia gaan rondsnuffel om meer te wete te kom oor dié eienaardige bokkies!

“A fainting goat is a breed of domestic goat whose muscles freeze for roughly 10 seconds when the goat is startled.  Though painless, this generally results in the animal collapsing on its side.  The characteristic is caused by a hereditary disorder called myotonia congenita.  When startled, younger goats will stiffen and fall over.  Older goats learn to spread their legs or lean against something when startled, and often they continue to run about in an awkward, stiff-legged shuffle.

Slightly smaller than standard breeds of goat, fainting goats are generally 43 to 64 centimeters tall and can weigh anywhere from 27 to 75 kilograms.  Their life expectancy is 12 to 15 years.

Every year in October fainting goats are honoured in the Fainting Goat Festival held in Marshall County, Tennessee, USA .”

 

Oops!  Pens en pooitjies….

"Bones in the light"!!!!

 

http://en.wikipedia.org/wiki/Fainting_goat

 

 

Verskeepte Hart – Anneldi

 

 

 

Verskeepte hart (21 Julie 2007)

Donker my hart

geboks en verpak

verskeep na ‘n vêr land

anderkant die horison-rand

 

Toegedraai het ek hom verseël

en daarop geskrywe:

“Om te vergeet” al die hartseer tye

 

Pallisade om my hart gebou

om al die hartseer uit te hou

Yskoue blokke staal

Is daar iemand wat dit sal kom haal?

 

Elke droom toegedraai in sellofaan

eens was dit my wentelbaan

Waar is die mens wat sal verstaan

oor die boks wat in die pakhuis staan?

 

Gaan lees gerus van Anneldi se ander gedigte by:

http://woorde.co.za/Ander/Anneldi.html

Lewenslesse vir jou Kind

As ouers, vervul ons verskillende rolle in ons kinders se lewe – van vriend(in) en oppasser, tot sjef, chauffeur en verpleegster. Maar een van die mees belangrikste – en een van die mees vervullendste – is die rol van onderwyser.  Ons probeer ons bes om lewenslesse vir ons kinders te leer, beide prakties en filosofies.

 

Om almal te noem, sal baie tyd en spasie in beslag neem, maar hier onder is seker die belangrikste lesse, in geen spesifieke volgorde, soos uitgewys deur ‘n paar kenners:

                                                    

  • Jy is belangrik en geliefd, maar jy is nie die middelpunt van die heelal nie. Vind iets buite jouself wat jou lewe betekenis sal gee, sodat wanneer jou lewe verby is, die wêreld ‘n  beter plek sal wees omdat jy hier was. Melanie Davis – M.Ed

 

  • Moet nooit jouself vergelyk met ander mense wat dit beter het as jy nie.Onthou, daar is altyd mense met wie dit baie slegter gaan as met jou. Judy Gruen (Skrywer).  Ek het  eenkeer hierdie ware woorde êrens gelees:  If we all threw our problems in a pile and saw everyone else’s, we’d grab ours back.”

 

  • Probeer om jou kinders van kleins af basiese finansiële beginsels te leer. Leer hulle om te spaar en dat dit altyd beter is om rente te verdien, as om rente te betaal.  Jay Handler – President van Sellphone Marketing

 

  • Elke kind moet leer om in homself te glo. Maak jou eie reëls, as dit moet, en moenie dat andere vir jou sê dat jy iets nie kan doen nie. “When it comes to going after what you want in life, don’t take no for an answer.” Michelle Kunz – Leierskap afrigter

 

  • Kinders moet leer om nie die blameer speletjie te speel nie. Wees versigtig wanneer jy vinger wys na iemand anders, want drie vingers wys terug na jou toe. Jennifer Harstein (PsyD) – Kinder en Adolessente sielkundige. Behandel ander mense soos jy behandel wil wees, met respek.

 

  • Beheer jouself – jou emosies, houding en optrede – onder druk en moeilike omstandighede en jy sal die magtigste mens in die wêreld wees. Kirk Martin – Direkteur van Opvoeding vir CelebrateCalm.com

 

  •  Doen die regte ding, omdat dit reg is. Moenie reg doen net omdat jy iets daarvoor sal kry nie, of omdat dit jou uit die moeilikheid sal hou of omdat jy vanaand beter sal slaap nie. Doen reg omdat dit reg is en enige iets goeds wat daaruit mag voortspruit, is bloot die kersie op die koek. Shirley von Scoyk. ”The time is always right, to do what is right.” – Martin Luther King

 

  • Alles wat jy sê en wat jy doen maak saak, selfs as niemand kyk nie. Die keuses wat jy maak vorm die mens wat jy is en die manier hoe mense oor jou voel.  Geluk kom uit die maak van keuses wat die ware jy reflekteer – selfs wanneer niemand kyk nie.  Annie Fox (Onderwyseres) 

 

  • Alles wat met jou gebeur in die lewe is besig om jou te leer hoe om deur die lewe te kom. Wees bedag op die lesse in elke ondervinding en pas hulle toe in die toekoms. Bob Lancer – Skrywer 

 

  • Dit is belangrik dat kinders leer soos wat hulle grootword en aanbeweeg dat die lewe nie regverdig is nie – dit is eenvoudig nie. Moenie verwag dat dit so sal wees nie en jy gaan jouself ‘n klomp onnodige ongelukkigheid en stres spaar.

 

http://www.parenting.kaboose.com

Older Posts »